Stiltepad is gebore uit die behoefte aan ’n Afrikaanse ruimte waar mense weer kan stil raak.
Nie net in die wêreld nie, maar binne hulself.
Ons leef in ’n tyd waar alles vinniger, harder en voller word.
Stiltepad is ’n plek waar jy kan terugkeer na eenvoud: asem, teenwoordigheid en bewuste beweging.
Hier gaan dit nie oor prestasie of geestelike rangorde nie.
Jy hoef nie eens te weet wat chakras is om welkom te voel nie.
Russell Louwrens-Roux is die stigter van Stiltepad, ’n pad na innerlike vrede en ware transformasie.
Hy benader innerlike werk op ’n manier wat sin maak in die alledaagse lewe. Nie altyd perfek nie, nie altyd maklik nie, maar altyd eerlik en met wysheid en egtheid.
Sy pad het hom telkens teruggelei na stilte en na die dieper vibrasie wat deur alles vloei: asem, klank en beweging. Met verloop van tyd het sy liefde vir meditasie, asemhaling en klankgenesing verdiep, en dit vorm vandag die kern van sy werk met ander.
Maar sy reis was nie net lig nie. Hy het deur donker nagte van die siel beweeg, en doen dit soms steeds. Hierdie ervarings het hom geleer dat ware groei nie net in vrede plaasvind nie, maar dikwels deur pyn, eerlike selfondersoek en aanvaarding. So het hy die waarde van skaduwerk ontdek: om regtig te kyk na die wonde en vrese wat ons so maklik wegsteek, en om hulle met bewussyn en medelye te ontmoet.
Russell het self die helende krag van frekwensies en vibrasies ervaar. Hoe dit nie net die verstand stilmaak nie, maar selfs op ’n sellulêre vlak kan herstel en transformeer. Hierdie pad het hom ook nader gebring aan die wysheid van plante en natuurlike medisyne. Saam met asem en klank help dit die liggaam onthou hoe om terug te keer na sy oorspronklike harmonie.
Hy glo dat elke mens die vermoë het om stilte binne hulself te vind, ’n stilte wat nie leeg is nie maar vol lewe, liefde en lig. Met Stiltepad deel hy sy reis, praktyke en hart, sodat ander ook die pad van innerlike vrede, waarheid en vreugde kan stap.

Ek het onder die leiding van Anand Bodhi Sattva geleer: yogi | meditasie-meester | welstand-mentor | “happiness coach” | ‘n visioenêr van genesing, welstand en ontwaking, en stigter van @yogaessencerishikesh