Klasse
70
wp-singular,page-template,page-template-full_width,page-template-full_width-php,page,page-id-70,wp-theme-bridge,bridge-core-3.3.4.3,qi-blocks-1.4.6,qodef-gutenberg--no-touch,qode-optimizer-1.0.4,qode-page-transition-enabled,ajax_fade,page_not_loaded,,qode_grid_1300,footer_responsive_adv,qode-theme-ver-30.8.8.3,qode-theme-bridge,disabled_footer_bottom,wpb-js-composer js-comp-ver-8.7.1,vc_responsive
 

Klasse

Stiltepad bied eenvoudige, egte en toeganklike praktyke sonder oordadigheid of prestasiedruk.

Elke sessie is ’n uitnodiging om terug te keer na jou asem, jou liggaam en die sagte helderheid binne jou.

Hier is ruimte vir rus, teenwoordigheid en innerlike groei, sonder oordeel.

Besprekings

Alle afsprake en klasse word via die aanlyn besprekingsstelsel gemaak.
Dit hou alles duidelik en georganiseerd.

Huisbesoeke (Onder Diskresie)

Huisbesoeke kan soms gedoen word in Stellenbosch, Somerset-Wes of die Helderberg.
Dit word per geval oorweeg, en ’n reisfooi kan geld.
Alle huisbesoeke word vooraf bevestig.

Gratis Aanlyn Kennismaking

10–15 minute | Gratis | Zoom

’n Kort, ontspanne kennismaking om te voel
of die Stiltepad vir jou reg is.

Nie ’n vol sessie nie; net ’n eenvoudige, warm ontmoeting.

Bespreek via die aanlyn stelsel.

Eerste Sessie (In-persoon)

R350 | 45–60 min | Somerset-Wes (Meditasie & Asemwerk)

R400 | 45–60 min | Somerset-Wes (Klankgenesing)

Vir nuwe kliënte wat sagter wil begin.

Daarna geld normale tariewe.

Bespreek via die aanlyn stelsel.

Meditasieklasse

Een-tot-een: Jy kry ’n persoonlike ervaring wat aangepas is vir jou vlak, energie en behoeftes.
Ons begin met ’n rustige inleiding om te voel waar jy is, en werk dan met ’n meditasie wat jou werklik voed.
Geen druk, geen perfeksie – net teenwoordig wees.

Groepklasse: As tyd dit toelaat, begin ons met ’n kort verwelkoming.
Andersins spring ons reguit in die meditasie in.
Jy’s welkom waar jy ook al is – op ’n mat, op jou bank, of saam met jou kat op die skoot.

In-persoon

R400 per sessie | 45–60 min | Somerset-Wes

4 Sessies – R1 450 (Geldig vir 4 weke)

8 Sessies – R2 800 (Geldig vir 8 weke)

’n Meditasiesessie wat soms stil en passief is, en soms aktief met asemfokus of bewuste beweging.

Elke sessie gebruik een tegniek, of ’n kombinasie van tegnieke, om fokus te verdiep, die senuweestelsel te kalmeer en teenwoordigheid te versterk.

Bespreek via die aanlyn stelsel.

Aanlyn

R300 | 45–60 min | Zoom

4 Sessies – R1 100 (Geldig vir 4 weke)

8 Sessies – R2 100 (Geldig vir 8 weke)

’n Aanlyn een-tot-een sessie wat jy van enige plek kan bywoon.

Meditasie kan aktief, passief of ’n kombinasie van albei wees, afhangend van wat nodig is.

Bespreek via die aanlyn stelsel.

Maandelikse Meditasieklas (Groep)

R120 per klas of R300 vir 3 sessies | 45–60 min | Zoom

’n Gereelde aanlyn meditasieklas vir mense wat volhoubaar wil beoefen.

Elke sessie het ’n eenvoudige tema of fokuspunt, met ’n rustige afsluiting.

Bespreek via die aanlyn stelsel.

Maandelikse Mini-Stiltesessie

Gratis | 10–15 minute | Zoom

’n Kort maandopening met ’n sagte oefening om aandag te versamel en tot rus te kom.

Oop vir nuwe en bestaande lede.

Bespreek via die aanlyn stelsel.

Donasie-gebaseerd | Aanbevole bydrae: R50–R150 | 45–60 min | Zoom

’n Maandelikse gemeenskapsessie wat meditasie en/of asemwerk, eenvoudige bewustheid en ’n kort tema-gesprek kombineer.

Oop vir almal wat deel wil wees van ’n veilige en ondersteunende Stiltekring-gemeenskap.

Asemhalingstegnieke

Kom asemhaal saam met ons – stadig, diep, en teenwoordig in jou liggaam.
Ons in-persoon sessies bied ’n veilige ruimte om eenvoudig saam te sit, asem te haal, en teenwoordig te wees.
Elke asem kan ’n nuwe begin wees.

Asemhaal van enige plek af – jou kamer, die motor, of jou geheime meditasiehoekie.
Hierdie aanlyn sessies help jou om die asem as ’n hulpmiddel vir kalmte, energie en helderheid te gebruik.
Geen ervaring nodig nie. Kom net soos jy is, asem in… asem uit.

In-persoon

R400 | 45–60 min | Somerset-Wes

’n Asemwerksessie waarvan die intensiteit kan wissel van eenvoudig tot meer gevorderd, insluitend elemente van pranayama.

Die asem kan kalmerend, suiwerend of versterkend wees, afhangend van ritme en tegniek.

Bespreek via die aanlyn stelsel.

Aanlyn

R300 | 45–60 min | Zoom

’n Persoonlike aanlyn asemwerksessie met volle individuele aandag.

Asemwerk kan help om te grond, te kalmeer en die asem ritmies te herstel, of dieper werk ondersteun, afhangend van die tegniek en jou toestand.

Bespreek via die aanlyn stelsel.

Aanlyn Groepsessie

R150 per persoon of R350 vir 3 sessies |
45-60 min | Zoom

’n Begeleide aanlyn asemhalingstegnieke in groepformaat.

Die sessie kan sag en regulerend wees, of dieper en meer intens, afhangend van die tegniek.

Ideaal vir mense wat die krag van asemwerk in ’n gedeelde veld wil ervaar.

Bespreek via die aanlyn stelsel.

Maandelikse Mini-Stiltesessie

Gratis | 10–15 minute | Zoom

’n Kort maandopening met ’n sagte oefening om aandag te versamel en tot rus te kom.

Oop vir nuwe en bestaande lede.

Bespreek via die aanlyn stelsel.

Donasie-gebaseerd | Aanbevole bydrae: R50–R150 | 45–60 min | Zoom

’n Maandelikse gemeenskapsessie wat meditasie en/of asemwerk, eenvoudige bewustheid en ’n kort tema-gesprek kombineer.

Oop vir almal wat deel wil wees van ’n veilige en ondersteunende Stiltekring-gemeenskap.

Klankgenesing

Ontspan en herlaai deur klank. Binnekort bied ons rustige klankreise aan met monokoord-heling, kristalballe, klankbakke, tuning forks en meer – ’n ervaring wat liggaam en bewustheid in harmonie bring.

Die monokoord se vibrasies beweeg deur jou liggaam en werk op ’n sellulêre vlak om jou natuurlike balans te herstel.
Kristalballe, klankbakke, tuning forks en ander instrumente skep suiwer frekwensies wat jou help om dieper asem te haal en innerlike stilte te vind.

In-persoon

R450 | 45–60 min | Stellenbosch / Somerset-Wes

’n Klanksessie met kristalbakke en stemvurke.

Die vibrasies help om spanning te versag, die senuweestelsel te kalmeer en die brein in ’n rustiger ritme te bring.

Jy kan sit, maar verkieslik lê, en net luister; die klank dra die ervaring.

Binnekort beskikbaar.

Nie aanlyn beskikbaar.

Groepssessies (In-Persoon)

Meditasie / Asemwerk

Maksimum 3 mense per sessie by my huis.

 

2 persone
R300 per persoon
(Totaal R600 per sessie)

 

3 persone
R250 per persoon
(Totaal R750 per sessie)

Klank

Maksimum 3 mense per sessie by my huis.

 

2 persone
R350 per persoon
(Totaal R700 per sessie)

 

3 persone
R300 per persoon
(Totaal R900 per sessie)